Hier volg die lys van bestanddele wat jy benodig:
1 Groot ui, fyn gekap
1 Eetlepel botter
2 Eetlepels olyfolie
1 Koppie risotto rys
125ml Wit wyn
2 Koppies kookwater
2 x 25g Pakkies Ina Paarman's Liquid Fish Stock
1 x 200ml Ina Paarman's Ready to Serve Cheese Sauce
500g Mossels, in hul doppe
60ml Vars, gerasperde parmesaankaas
Vars gemaalde swartpeper
Gekapte pietersielie
Begin deur 'n swaarboompan op die stoof te verhit en die botter daarin te smelt. Sodra dit gesmelt het voeg jy die ui en olyfolie by. Soteer teen 'n matige hitte totdat die ui sag raak en verbruin. Voeg nou die rys by en roerbraai totdat dit al die olie geabsorbeer het en begin verkleur. Nou gooi jy die wyn in en kook dit teen 'n vinnige tempo totdat dit verminder het. Los die Fish Stock in die kookwater op en meng die kaassous daarby. Voeg nou hierdie mengsel, 'n halwe koppie op 'n slag, by die rys en roer dit totdat dit geabsorbeer word voordat nog van die mengsel bygevoeg word. Wanneer al die sous geabsorbeer is moet jy die mossels byvoeg en, teen 'n lae hitte, 'n deksel op sit en dit vir 5 minute laat kook. Maak dit dan oop en gooi enige mossels wat nie oopgemaak het nie weg. Bedien met die pietersielie, parmesaankaas en swartpeper daaroor gestrooi.
Toe ek die resep gevolg het, het ek garnale in 'n pan gebraai met suurlemoensap en brandrissie en dit bygevoeg by die risotto.
Het jy die instruksies uit 'n resepteboek gedoen of het jy dit in jou eie woorde getik?
ReplyDeleteNogtans lyk dit na 'n heerlike resep!
ReplyDelete