Welkom by Lekker Smul met Lisa en Ina
My naam is Lisa Mihalik en ek woon in die Kaap. Ek het hierdie blog geskep, want ek is baie lief vir kos maak en ek glo dat die proses geniet moet word en nie ellendig moet wees nie.
Op my blog sal jy maklike en lekker resepte van Ina Paarman vind wat ek reeds beproef het. Ek glo kos maak moet so maklik moontlik wees, so ek gebruik wanneer moontlik Ina Paarman produkte want sy doen al die harde werk sodat ek dit net eenvoudig kan byoeg :)
Ek sal weekliks 'n nuwe resep laai nadat ek dit self gemaak het en my kommentaar en advies daaroor ook byvoeg om jou te help wanneer jy sit self maak.
In my huis moet ek kook as ek nie wil vergaan nie, aangesien my ma sê: "Ek het vir die eerste agtien jaar van jou lewe vir jou gekook- dit is nou jou beurt!" En omdat ek min tyd in die aande het asgevolg van al my huiswerk en my assistentspos wil ek so min tyd as moontlik aan kos maak spandeer met die beste resultaate moontlik.
Ek sien uit om kos maak vir jou 'n plesier te maak.
*Ek is self lief vir kos maak so ek is nogals beindruk met jou idee van Ina Paarman se resepte. Sien uit daarna. Klink baie interesant!
ReplyDeleteEk weet nie wie Ina Paarman is. Maar ek is ook baie lief om kos te maak. Ek sien uit na 'n nuwe pos.
ReplyDeleteEk ook geniet om kos te maak maar ek verkies om te bak. Ek is opgewonde om nuwe idees te leer!
ReplyDelete