Hier is vir jou 'n fantastiese resep vir Tandoori hoender, wat elke maaltyd 'n unieke, eksotiese ervaring vir jou palet sal maak. Ek het hierdie Ina Paarman resep al telkemale gemaak en dit draai elke keer perfek uit.
Om mee te begin moet jy jou oond voorverhit teen 190°C. Om hierdie resep te maak het jy die volgende bestanddele nodig:
8 Stukkies hoender
2 Eetlepels suurlemoen sap
1 Teelepel fyn gerapserde suurlemoenskil
1 Teelepel Borrie
2 Teelepels droë koljander poeier
1 Teelepel Gemmer
1 Teelepel Paprika
2 Teelepels Komyn
1 Teelepel sout
1/4 Teelepel rooi peper
3 1/2 Eetlepels ongegeurde joghurt
2 Eetlepels tamatiepasta
1 Teelepel bruinsuiker
2 Eetlepels kookolie
Nou kan ons begin kook :)
Hierdie resep is verskriklik maklik en neem baie min tyd om voor te berei. Neem al die bestandele, behalwe vir die hoender stukkies, en meng dit saam in 'n groot mengbak. Nou plaas jy die hoender stukkies in die mengsel voor dat jy die bak in die yskas plaas om vir minstens 'n uur te verkoel. Hoe langer dit verkoel word, hoe beter, want dit gee die hoender 'n beter kans om al die wonderlike geure van die mengsel te absorbeer. Sodra jy reg is, neem jy die hoendermengsel en plaas dit in 'n skottel wat in die oond geplaas kan word. Nou moet dit in die oond braai vir sowat een en 'n half uur todat dit goud-bruin gebraai is.
Terwyl dit in die oond braai sal die watertand aroma die vertrekke van jou huis vul en die afwagting sal jou verbeelding op hol sit. Ek beloof 'n fantasiese, sensasionele smaakervaring wat enige aand 'n lekker kook EN lekker eet aand sal maak!
Geniet dit <3
*Hierdie resep klink perfek in sulke yskoue weer! Ek wil net weet of dit brand? Ek hou niks van kos wat erg brand nie.
ReplyDeleteHi! Ek hou self nie van kos wat branderig is nie- so nee- dit brand nie! Die rooi peper gee dit 'n bietjie skop maar jy kan dit net uitlaat as jy nie daarvan hou nie. As daar kinders betrokke is by die ete laat ek dit ook uit.
ReplyDeleteGoeiste, dit klink heerlik! Ek gaan dit definitief probeer!
ReplyDelete