Ek was in 'n Afrikaanse skool, maar aangesien ek nou al ses jaar uit die skool is vind ek dit moeilik om in Afrikaans te skryf. Hierdie opdrag het my baie hiermee gehelp, want dit het vir my geforseer om my te oefen en my spelling te verbeter. En ek dink dieselfde geld vir my klasmaats.
Ek het hierdie opdrag geniet, want dit het vir my 'n kans gebied om oor een van my gunsteling dinge te skryf, kook. Verder geniet ek dit om nutige inligting met ander te deel so dit was vir my ook lekker.
Dit was vir my maklik om elke week 'n resep te kies en dan die verkillende skryfstyle toe te pas. Ek het ook daarvan gehou dat die opdrag in al die kleiner afdelings opverdeel is sodat ons nie net een groot skryfstuk moes aandurf nie. :)
Lekker Smul met Lisa en Ina
'n Blog waarop ek my liefde vir kos maak met Ina Paarman se produkte en resepte met almal kan deel :) Hier kan jy leer hoe om lekker en maklike geregte te maak wat altyd perfek uitdraai!
Sunday, 16 June 2013
'n Eenvoudige Mossel-Risotto vir 'n lekker vol magie
Hier volg die lys van bestanddele wat jy benodig:
1 Groot ui, fyn gekap
1 Eetlepel botter
2 Eetlepels olyfolie
1 Koppie risotto rys
125ml Wit wyn
2 Koppies kookwater
2 x 25g Pakkies Ina Paarman's Liquid Fish Stock
1 x 200ml Ina Paarman's Ready to Serve Cheese Sauce
500g Mossels, in hul doppe
60ml Vars, gerasperde parmesaankaas
Vars gemaalde swartpeper
Gekapte pietersielie
Begin deur 'n swaarboompan op die stoof te verhit en die botter daarin te smelt. Sodra dit gesmelt het voeg jy die ui en olyfolie by. Soteer teen 'n matige hitte totdat die ui sag raak en verbruin. Voeg nou die rys by en roerbraai totdat dit al die olie geabsorbeer het en begin verkleur. Nou gooi jy die wyn in en kook dit teen 'n vinnige tempo totdat dit verminder het. Los die Fish Stock in die kookwater op en meng die kaassous daarby. Voeg nou hierdie mengsel, 'n halwe koppie op 'n slag, by die rys en roer dit totdat dit geabsorbeer word voordat nog van die mengsel bygevoeg word. Wanneer al die sous geabsorbeer is moet jy die mossels byvoeg en, teen 'n lae hitte, 'n deksel op sit en dit vir 5 minute laat kook. Maak dit dan oop en gooi enige mossels wat nie oopgemaak het nie weg. Bedien met die pietersielie, parmesaankaas en swartpeper daaroor gestrooi.
Toe ek die resep gevolg het, het ek garnale in 'n pan gebraai met suurlemoensap en brandrissie en dit bygevoeg by die risotto.

Sunday, 9 June 2013
'n HEERLIKE HOENDER LASAGNE- PERFEK VIR 'n KOUE WINTERSNAG
Met die yskoue aande wat die laaste week vir ons na verwarmers en snoesige komberse laat gryp het, het ek op soek gegaan na 'n lekker gereg wat my van binne af kon opwarm. Ek het toe hierdie fantastiese Ina Paarman resep vir hoender lasagne gevind en ek hoop dit laat jou versadig en gelukkig!
Ek het Ina se raad gevolg en voordat ek begin het, gekyk hoeveel lasagne velle ek in die oondskottel kon inpas. Ek het daardie getal met 3 gemaal (aantal lae van die lasagne). Toe moes ek die lasagne velle vir 10 minute in warm water laat lê sodat dit sag raak en ook my oond teen 180°C voorverhit.
Hier volg die lys van bestanddele wat ek nodig gehad het:
1 Heel skrophoender (ek het 'n gaar hoender by 'n winkel gekoop) wat in klein stukkies gesny is
250ml warm water - gebruik 'n ekstra 125ml water as die hoender baie droog is
1 Eetlepel Ina Paarman's Chicken Stock Powder
1 Teelepel Ina Paarman's Lemon and Black Pepper Seasoning
125ml Vars, laevet melk
Ongeveer 200g lasagne velle (ek het die spinasie pasta gebruik)
1 Bottel 400g Ina Paarman's Creamy Cheese Pasta Sauce
125ml Pietersielie, fyn gekap
1 Houer 250g, vetvrye, gladde geroomde maaskaas
1 Eier
Bolaag
125ml Gerasperde parmesaankaas
1 Eetlepel olyfolie
125ml Sagte wit broodkrummels
Nadat ek my lasagne velle in die warm water geplaas het, het ek eerstens 'n groot mengbak geneem en die stukkies hoender en warm water daarin gemeng. Daarna het ek die Stock Powder, Seasoning en pietersielie bygevoeg en oit opsy gesit.
Ek moes die lasagne velle na 10 minute uit die water haal en op droë vadoeke los om bietjie droog te raak. Intussen het ek 'n tweede mengbak geneem en die Creamy Cheese Pasta Sauce daarin gesit. Ek het een oog op my horlosie gehou. Toe het ek die melk in die leë bottel gegooi, dit toegemaak en geskud sodat ek al die kaassous daaruit kon kry, en by die Creamy Cheese Pasta Sauce in die bak gevoeg. Nou moes ek die maaskaas en die eier daarby inmeng om die mengsel te verdun.
Die oondskottel wat ek gebruik het, was 30cm by 24cm. Die tyd het toe aangebreek om die lasagne se lae te begin vorm. Ek het begin deur 'n kwart van die kaassousmengsel in die skottel te plaas, 'n lagie pastavelle daarop te sit, gevolg deur 'n lagie van die hoendermengsel en dan nog 'n kwart van die kaassousmengsel. Hierdie stappe moes ek 2 maal herhaal en dit afeindig met 'n lagie van die kaassousmengsel.
Nou moes ek die bolaag meng. Ek het al die bestanddele hiervoor bymekaar gemeng en toe oor die kaassousmengsel gestrooi.
Die gereg moes vir 35 minute bak, maar ek het gevind dat dit ongeveer 45 minute in my oond nodig gehad het om lekker goudbruin te word.
Die les wat ek hieruit geleer het is, dat jy altyd jou gereg uit die oond moet haal en kyk of dit regdeur gebak het. Ek het my dis op 'n eetkamertafel, voor 'n paar van my vriende neergesit en 'n porsie vir iemand uitgeskep. Aangesien dit nie lank genoeg gebak het nie, was dit nog loperig en moes ek dit vinnig, met rooi gesig, terugneem en verder bak. Ek hoop jy kan uit my fout leer!

Sunday, 2 June 2013
HOE OM 'n LIPLEKKER & FLATERVRYE TANDOORI HOENDER GEREG TE MAAK
Hier is vir jou 'n fantastiese resep vir Tandoori hoender, wat elke maaltyd 'n unieke, eksotiese ervaring vir jou palet sal maak. Ek het hierdie Ina Paarman resep al telkemale gemaak en dit draai elke keer perfek uit.
Om mee te begin moet jy jou oond voorverhit teen 190°C. Om hierdie resep te maak het jy die volgende bestanddele nodig:
8 Stukkies hoender
2 Eetlepels suurlemoen sap
1 Teelepel fyn gerapserde suurlemoenskil
1 Teelepel Borrie
2 Teelepels droë koljander poeier
1 Teelepel Gemmer
1 Teelepel Paprika
2 Teelepels Komyn
1 Teelepel sout
1/4 Teelepel rooi peper
3 1/2 Eetlepels ongegeurde joghurt
2 Eetlepels tamatiepasta
1 Teelepel bruinsuiker
2 Eetlepels kookolie
Nou kan ons begin kook :)
Hierdie resep is verskriklik maklik en neem baie min tyd om voor te berei. Neem al die bestandele, behalwe vir die hoender stukkies, en meng dit saam in 'n groot mengbak. Nou plaas jy die hoender stukkies in die mengsel voor dat jy die bak in die yskas plaas om vir minstens 'n uur te verkoel. Hoe langer dit verkoel word, hoe beter, want dit gee die hoender 'n beter kans om al die wonderlike geure van die mengsel te absorbeer. Sodra jy reg is, neem jy die hoendermengsel en plaas dit in 'n skottel wat in die oond geplaas kan word. Nou moet dit in die oond braai vir sowat een en 'n half uur todat dit goud-bruin gebraai is.
Terwyl dit in die oond braai sal die watertand aroma die vertrekke van jou huis vul en die afwagting sal jou verbeelding op hol sit. Ek beloof 'n fantasiese, sensasionele smaakervaring wat enige aand 'n lekker kook EN lekker eet aand sal maak!
Geniet dit <3

Sunday, 26 May 2013
Welkom by Lekker Smul met Lisa en Ina
My naam is Lisa Mihalik en ek woon in die Kaap. Ek het hierdie blog geskep, want ek is baie lief vir kos maak en ek glo dat die proses geniet moet word en nie ellendig moet wees nie.
Op my blog sal jy maklike en lekker resepte van Ina Paarman vind wat ek reeds beproef het. Ek glo kos maak moet so maklik moontlik wees, so ek gebruik wanneer moontlik Ina Paarman produkte want sy doen al die harde werk sodat ek dit net eenvoudig kan byoeg :)
Ek sal weekliks 'n nuwe resep laai nadat ek dit self gemaak het en my kommentaar en advies daaroor ook byvoeg om jou te help wanneer jy sit self maak.
In my huis moet ek kook as ek nie wil vergaan nie, aangesien my ma sê: "Ek het vir die eerste agtien jaar van jou lewe vir jou gekook- dit is nou jou beurt!" En omdat ek min tyd in die aande het asgevolg van al my huiswerk en my assistentspos wil ek so min tyd as moontlik aan kos maak spandeer met die beste resultaate moontlik.
Ek sien uit om kos maak vir jou 'n plesier te maak.
Subscribe to:
Posts (Atom)